Suid-Afrika se 400m wêreldrekordhouer Wayde van Niekerk gaan nie sy Olimpiese goue medalje van Rio 2016 in Tokio herhaal nie. Hy kon vanmiddag nie die eindstryd van die 400m haal nie.
Die Suid-Afrikaner, wat vyf jaar gelede ‘n wêreldrekord van 43.03 opgestel het, het gesukkel met ‘n reeks beserings sedert hy kruisligamente in Oktober 2017 geskeur het.
In die derde halfeindstryd van die 400m was Van Niekerk op die laaste draai nog ‘n aanspraakmaker, maar was uiteindelik vyfde in sy halfeindronde, ver agter die heersende wêreldkampioen Steven Gardiner van die Bahamas en die VSA se Michael Norman, wat outomaties deurgedring het na die eindronde.