Skip to main content

Meer as helfte van die 231 blitspatrollievoertuie in Gauteng staan stukkend ​​by SAPD- en privaatwerkswinkels regoor die provinsie, sonder dat daar duidelikheid is oor wanneer hulle weer op die pad sal wees.  Volgens die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, staan meeste van die voertuie al vir langer as 3 maande.

Die Wes-Rand is die swaarste getref, met 20 van sy 26 blitspatrollievoertuie wat herstel moet word.  Dit was onduidelik hoe die 52 polisielede van die Blitspatrollie in die Wes-Rand met net ses voertuie oor die weg moet kom.

Pretoria se blitspatrollie het slegs 16 voertuie op die pad om dienste te verrig, en daar is 115 lede by die eenheid.  In Johannesburg is daar 14 voertuie met 100 lede.

“Die DA in Gauteng doen ‘n beroep op die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, om dringend met Bheki Cele, minister van polisie, te skakel om te verseker dat die 124 SAPD-voertuie wat nie funksioneel is nie, dadelik aandag kry en teruggebring word na hul onderskeie areas om misdaad in die provinsie te voorkom en te bekamp,​” het die DA in ‘n verklaring aanbeveel.

 

Leave a Reply