Die kroniek van die wolkperde: Die bewakers van towerkuns deur Chris Riddell
Ontmoet die bewakers van die towerkuns: Zam, Febe en Batseba is drie kinders wat nog nie weet oor hoeveel towerkrag hulle beskik nie. In ’n plek waar sprokies hulle nie gedra nie, span die vyande van towerkuns saam om dit te vernietig. Tensy die drie dapper bewakers terugveg en in die onmoontlike glo, gaan towerkuns en die geheimsinnige wolkperde binnekort verdwyn …
Die bewakers van towerkuns is die eerste boek in hierdie opwindende nuwe avontuurreeks deur Chris Riddell.
Chris Riddell (gebore op 13 April 1962 in Kaapstad) is ’n Britse illustreerder en skrywer van kinderboeke en ’n politieke strokiesprenttekenaar vir die Observer. Hy het drie Kate Greenaway-medaljes gewen, die Britse bibliotekarisse se jaarlikse toekenning vir die beste geïllustreerde kinderboeke. Boeke wat hy geskryf of geïllustreer het, het drie Nestlé Smarties-pryse gewen en was vier keer silwer of brons naaswenners. In Junie 2015 is hy aangewys as UK Children’s Laureate.