Skip to main content

Sosiale media het gegons toe hierdie rusbank, wat R67 999 kos, in ‘n informele nedersetting gefotografeer is ure nadat dit tydens die onlangse pludertogte in die Springfield Value Centre gesteel is. Maar nou is dit teruggevind.

Daar word egter steeds ‘n stuk vermis, en volgens die eienaar van die Leather Gallery, Greg Parry, bied die groep ‘n beloning aan vir inligting wat daartoe kan lei dat die bank met sy verlore stuk herenig word.

Hy het gesê die bank is blootgestel aan ‘n “buitengewone rowwe behandeling” toe dit twee weke gelede uit hul Springfield-vertoonlokaal geplunder is. “Verder blyk dit dat dit ‘n paar dae in die buitelug gelaat is en onderwerp is aan wind en weer wat egte leer ernstig afbreek en beskadig,” het hy gesê.

Eienaars van die Leather Gallery het die bank Dinsdag in die Sydenham-polisiekantoor in KwaZulu-Natal gaan uitken. Dit is egter nie neusie verby vir die beroemde bank nie. Parry het gesê sodra al die ontbrekende onderdele gevind is en dit gemonteer is, sal dit binnekort in die nuwe Leather Gallery-winkel as vertoonstuk uitgestal word.

Leave a Reply

error: Content is protected !!