Skip to main content

Twee vroue is Maandagmiddag in Trenance Park in KwaZulu-Natal ernstig aangerand en beroof deur ‘n groep seuns.

Die twee susters, 84 en 55 jaar oud, was glo op pad huis toe vanaf ‘n inentingsterrein toe die voorval plaasgevind het. Die susters se vervoer het hulle by die Trenance Park Old Phase-ingang afgelaai toe 8 seuns, tussen 9 en 10 jaar oud, hulle oorval het.

Die seuns het die susters glo met messe gedreig en beroof van hulle persoonlike besittings. Die twee vroue het ernstige kop- en gesigwonde opgedoen tydens hierdie voorval. Geen verdere inligting is op hierdie stadium beskikbaar nie.

Leave a Reply