Skip to main content

Die duo-groep RNK se nuutste enkelsnit, Karoo, is ’n storievertel-liedjie wat jou op die lang pad tussen Johannesburg en Oudtshoorn neem.

Jy kan die reën op die nat karoopad ruik; jy kan die donkiekarretjie en route tussen Graaff Reinet en die naaste Wimpy-oase te sien. Die bejaarde skimmelkopman met die leisels stewig in sy hande. Die donkie wat traag sy swaar las sleep. ’n Vetplant steierend teen die droogte.

En dit is presies ook wat Reinhard en Karin Herbst so uniek maak; hulle huppel met gemak tussen verskillende genres; van baldadige liefdesballades tot gesellige rugby-sokkie-bokkie-treffers.

Karoo is egter anders as enige van hul vorige snitte. Dit is ’n prettige rock-pop liedjie wat op ‘n manier aan Hugo se Deurie Straights herinner. Dit is ’n liedjie wat jou laat terugverlang na die dae toe brandstof nog onder R10 ’n liter was en jy maskerloos by die Wimpy kon indraf.

Die vertel-styl word ook in die volgende lirieke gevind: … “My reis na die ou Kunstedorp stop by die Grootvoël Paradys waar die karoo se stof net water. Tasse vol vere en pakke vol vleis.”

Karoo is reeds veertien jaar gelede deur Reinard, wat toe nog as ’n opkomende sanger met net ’n paar rand en groot drome geskryf.

“Die lirieke is iewers op ’n reënerige dag op die pad tussen die Swartberge, George en Oudtshoorn gebore,” vertel Reinhard wat egter nou eers besluit het om die liedjie op te neem en dit op digitale platforms uit te reik.

Dié bekendstelling kon nie op ’n beter tyd gekom het nie, want ons almal is huisvoos en smag na die lang pad. Al moet ons maar op ’n luisterreis saam met Reinhard en Karin vertrek. Karin se fluweel chardonnay-stem en Reinhard se houterige Merlot is die perfekte pasmaats vir die liedjie.

Karoo behoort net so ’n groot treffer te wees.

Reinhard verduidelik: “Die liedjie groei soos ’n Kambro-plant op jou.”

Leave a Reply