Skip to main content

Verskeie skole in die Queenswood-omgewing van Pretoria is vandag gesluit weens ‘n optog van die EFF.

Die EFF is van plan om hul “rassisme-optog” om 10:00 te begin – volgens die plakkaat van die party wat die protesaksie aankondig – van Queens Corner tot Huis Herfsblaar in Webbstraat.

Huis Herfsblaar kon nie vir kommentaar bereik word nie, maar Devon Hofmeyr het namens die Bittereinders op Twitter gesê dat die bestuur van die Ouetehuis hulle gevra het om die ou mense en hul eiendom te kom beskerm. Hy noem dat Julius Malema blykbaar net skoolkinders en ou mense teiken.

Eduplex, laerskole Queenswood en Nellie Swart en Loreto School het besluit om hul deure te sluit na hulle deur die polisie in kennis gestel is dat dit raadsaam is om die skool te sluit.

Leave a Reply

error: Content is protected !!