Skip to main content

‘n Bejaarde man van Daniëlskuil in die Noord-Kaap is dood nadat hy en sy vrou vroeg Vrydagoggend in hul huis aangeval is. 

At van der Merwe, wat aan ‘n hartkwaal gely het, is met ‘n gholfstok geslaan en as gevolg van die skok aan ‘n hartaanval oorlede.  Sy vrou Elize, wat baie broos is as gevolg van verskeie rugoperasies, se been is gebreek nadat een van die aanvallers op haar gespring het.  Die paartjie is albei is in hul 70’s.

Johan Vermeulen van Rhino Security het gesê, “die aanval het Vrydagoggend omstreeks 04:00 plaasgevind”, en volgens hom het die aanvallers toegang, tot die huis verkry deur die diefwering te verwyder, terwyl die egpaar geslaap het.

Dit is in hierdie stadium onbekend hoeveel aanvallers daar was.  Hulle het met ‘n TV weggekom.

Leave a Reply

error: Content is protected !!