Skip to main content

Boer Cola is in Mei vanjaar gestig deur Daan Barnard – gebore en getoë in Pretoria. Nadat hy Boer Bier verlede jaar suksesvol van stapel gestuur het, het Daan besef dat die vraag van verbruikers na produkte wat plaaslik geproduseer word, na die nie-alkoholiese drankbedryf oorgespoel het.

Daan het maande lank saam met plaaslike laboratoriums en drankwetenskaplikes gewerk om Boer Cola te ontwikkel – ‘n prettige, vriendelike en verfrissende koeldrank met kola-smaak vir elke geleentheid en vir elke Suid-Afrikaner.

“Ons ondersteun die plaaslike ekonomie – al ons produkte is in SA ontwikkel, vervaardig, verpak en plaaslik bemark. Ons is passievol daaroor om werksgeleenthede vir ons jeug te skep en ons plaaslike gemeenskappe te ondersteun,” vertel Barnard.

Leave a Reply