Ronald Lamola, Minister van Justisie, dieselfde man wie se prokureursmaatskappy, Ndobela Lamola Inc, (NL Inc) betrek word by ‘n skandaal waar vervalste dokumente aan ‘n Lotto forensiese ondersoek voorgelê was, het pas die aanstelling van 158 nuwe landdroste aangekondig.
Die nuwe regsbeamptes sal na verwagting teen 1 Oktober hul ampte inneem.
Lamola was ‘n direkteur van Ndobela Lamola Inc toe twee van die verslae, waaronder finansiële state wat nie sin gemaak het nie, ingedien is.
Volgens verslae het sy firma R19 miljoen aan fooie ontvang vir werk wat in opdrag van die Lotto-kommissie tussen 2016 en 2020 gedoen is. Dit behels ondersoeke na lotery-finansiering.