Team South Africa se Olimpiese aanslag in Tokio was stadig uit die blokke, maar het gister lewe gekry danksy Tatjana Schoenmaker.
Die 24-jarige het ‘n Olimpiese rekord in haar 100 m-borsslag-uitdun behaal, en sy sal nou haar land se eerste realistiese medalje-hoop wees as sy in more se eindstryd swem.