Skip to main content

Suid Afrika se ˝singende chirurg“, Dr. Wilhelm Lichtenberg doen met sy nuutste enkelsnit Ndikokhele Bawo (Lei my, O Heer) amper ’n metaforiese beroep op Suid-Afrikaners om saam te staan en mekaar te ondersteun in hierdie uiters beproewende tydperk in almal se lewens.

In diè hartroerende opname van die Xhosa weergawe van die lied voeg hy sy goed geoliede tenoorstem by diè van die sopraan Nombulelo Yende en die wêreldbekende Tygerberg Kinderkoor.

In die meegaande video moedig Lichtenberg ons aan om ons te wend tot vrede en gebed.

Lichtenberg reken dat samehorigheid en enigheid onder wetsgehoorsame en vredeliewende landsburgers die antwoord is en haal in hierdie verband die Engelse spreekwoord, “Those who pray together, stay together” aan.

Die Kaapse chirurg skram beslis nie weg vir uitdagings nie en hy het onlangs ‘n ambisieuse nuwe projek geloods om fondse in te samel vir korrektiewe chirurgie vir behoeftige kinders met hartsiektes in Suider-Afrika. Hy het met verskeie groot name in die musiek- en vermaaklikheidsbedryf kragte gesnoer, beide plaaslik en internasionaal, en die eerste opname met musikante in hierdie ster-belaaide reeks sal binne die komende weke uitgereik word.

˝Ons veg verbete teen ‘n virus-pandemie wat ons sukkelende ekonomie nog verder op sy knieë gedwing het en ons gesondheidsdienste heeltemal oorweldig het. Die uitdagings wat ons in die gesig staar is legio. Ons het leiding nodig en ons het mekaar nodig. Nou meer as ooit!”

Leave a Reply

error: Content is protected !!