Skip to main content

Volgens wat ek kan verstaan, is Cyril nie onder ‘n kalkoen uitgebroei nie. Inteendeel, hy het nou leer skaak speel, en elke skuif word mooi vooruit beplan.

Hy het hierdie keer besluit dat die rampokkery nie is as gevolg van leë mae nie, maar dat ‘n politieke sameswering blameer moet word. Nes die ou Nasionale Party altyd kommuniste vir alles blameer het. Lui dit ‘n klokkie? Hierdie keer word die kommuniste met Zoeloes vervang.

En wie was die teiken van sy kliniese manipulasie? Blankes, natuurlik. Die ruggraatlose man se doel was om doodse vrees onder blankes in te boesem. Hy wou graag vir die bleekvel mense wys dat hy wel die bloeddorstige Zoeloes sal tem met sy nuttelose polisiemag en verkreukelde weermag.

Moeletsi Mbeki stem saam met hierdie stelling.

Cyril het dinge wat gereeld in die land gebeur gebruik om sy strategie te verdoesel. Ons lees gereeld van xenofobiese aanvalle, kontant-in-vervoer-rooftogte, proteste, ensovoorts. Dit was dus maklik om hierdie op ‘n groter skaal te laat gebeur.

Is dit nie dieselfde taktiek wat die ANC die afgelope twintig jaar gebruik om die opposisie af te kraak, die Wes-Kaap te destabiliseer en rasse-vyandskap aan te wakker nie?

Kom ons kyk wat Cyril se volgende skuif gaan wees…

Leave a Reply

error: Content is protected !!