Oudpresident Jacob Zuma het toestemming gekry om die tronk te verlaat om sy broer se begrafnis in Nkandla by te woon.
Die departement het gister bevestig dat Zuma laat Dinsdag ‘n medelye-aansoek ingedien het.
Nxumalo het vanoggend in ‘n verklaring gesê die toestemming is ingevolge artikel 44 (1) (a) van die Wet op Korrektiewe Dienste verleen.
” ‘n Gevonniste oortreder wat toestemming kry om ‘n korrektiewe sentrum te verlaat, bly ‘n gevonniste oortreder, selfs terwyl hy tydelik buite die tronk is. Die toestemming wat aan mnr. Zuma verleen is, is vir 22 Julie 2021.