Die polisie in Gauteng het twee van die mees gesogte verdagtes in die provinsie in hegtenis geneem. Die mans het die gemeenskap van Olievenhoutbosch in Tshwane en die omliggende gebiede geterroriseer.
Die verdagtes, wat met verskeie sake van moord, huisrooftogte en sakeroof verbind word, is Dinsdag in Cosmo City, Johannesburg, in hegtenis geneem nadat hulle met ongelisensieerde vuurwapens gelaai met ammunisie gevind is.
Hulle sal na verwagting vandag in die Pretoria-landdroshof verskyn.