Skip to main content

Hoe gaan ons land ooit weer respektabel in die wêreld se oë word?

Wat keer mense om weer so ‘n vlaag geweld te laat ontketen aangesien dit blyk dat die pas afgelope chaos stil goedkeuring van mens in hoë poste weggedra het?

Daar is een hoop, en of dit gaan materialiseer is ‘n ander saak.  Ons regeringshoof, Cyril Ramaphosa, sal nou sy grootmeisiepêntie moet aantrek, en van die mense in sy kabinet wat nog nie eers op die vlak van ‘nutteloos’ is nie (hulle moet eers verbeter voordat hulle daardie baadjie kan aantrek) onder die gat skop.

Cyril, raak ontslae van die mense wat ‘swak voorbereid’ was op die onluste wat uitgebreek het. Begin byvoorbeeld by Nosiviwe Noluthando Mapisa-Nqakula. Wat is haar WARE kwalifikasies?

Sy was in Junie 2012 deur president Jacob Zuma as minister van verdediging en militêre veterane aangestel is. Sy was van 2004 tot 2009 Minister van Binnelandse Sake en van 2009 tot 2012 Minister van Korrektiewe Dienste.

Sy het géén ervaring in enige van die poste gehad voordat sy die stoele daarvoor in die parlement ingeneem het nie.

Haar kwalifikasie waarmee sy kan spog? Laerskool onderwyseres diploma!

Soos daar in Engels gesê word: Your Honour, I rest my case…

Leave a Reply