Skip to main content
Nuus

Musikant in hof oor ‘opstokery’

By Jul 21, 2021No Comments

Die musikant en voormalige radio-gasheer, Ngizwe Mchunu, het vanoggend vlugtig in die landdroshof in Randburg verskyn as een van die vernaamste vermeende opstokers van die plundering en geweld vandeesmaand.
Mchunu het homself Maandag aan die polisie in Durban oorgegee nadat ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik is.
Intussen het die Johannesburgse metropolisie gesê dat hulle gereed bly rondom die landdroshof waar die verdagtes verskyn vir moontlike betogings terwyl die verdagtes verskyn.
Meer as 3 000 mense is in hegtenis geneem sedert die onrus meer as tien dae gelede begin het.

Leave a Reply