Die Valke in die Wes-Kaap het drie mans vandag kort na ‘n transitorooftog gearresteer.
‘n Veiligheidswag van Fidelity is deur twee mans genader terwyl hy dienste verrig het. Die rowers het die wag oorval, sy vuurwapen en ‘n onbekende aantal geld gevat en gevlug. Die Valke was op pad na die toneel, toe hulle ‘n voertuig wat aan die beskrywing van die aanvallers s’n voldoen het voorgekeer het.
Die voertuig is deurgesoek en daar is beslag gelê op twee vuurwapens, asook die gesteelde vuurwapen van die veiligheidswag en ‘n sak met geld in. Die rowers is gearresteer en hulle sal na verwagting Woensdag in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn.