Skip to main content

Alhoewel die meeste rotte met min of geen fanfare uit hul aktiewe loopbane tree, is hierdie knaagdier ‘n bietjie anders – hy is regstreeks verantwoordelik vir die redding van menigte mans, vroue en kinders se lewens.

Gambiese rotte is groter as die huisrotte wat ons ken, en word dikwels tot byna ‘n meter lank (insluitend hul lang, sweepagtige stert). Hulle is Inheems aan Afrika suid van die Sahara.

Soos baie knaagdiere, het Gambiese rotte swak sig, maar vergoed daarvoor met ‘n uitsonderlike reuksintuig. Magawa se afrigters by die Belgiese nie-winsgewende APOPO het hom geleer om plofstof van militêre gehalte uit te snuffel. Die rot is ‘n lewende sensor wat landmyne, bomme en ander plofstof kan opspoor. Magawa het sy opleiding in Afrika voltooi en daarna na Kambodja gereis, waar hy vyf jaar op soek was na plofstowwe. In sy loopbaan van ‘n halwe dekade het die groot rot volgens APOPO gehelp om meer as 225 000 vierkante meter grond skoon te maak.

In September 2020 het die People’s Dispensary for Sick Animals, ‘n Britse veeartsenykundige organisasie, ‘n goue medalje aan Magawa toegeken vir sy diens.

Magawa was sewe jaar oud met sy aftrede. Die gemiddelde ouderdom van ‘n Gambiaanse rot is tussen ses en agt jaar. Hy verdien dus ‘n rustige aftrede. Maar daar is reeds ‘n nuwe generasie om oor te neem. In Maart het APOPO 20 nuut opgeleide rotte na Kambodja gestuur. Almal het glo hul toetse met groot lof geslaag.

Leave a Reply