Skip to main content
ISAAC CLOETE

Die polisie het onlanlgs ‘n antie vasgetrek wat dwelms op ‘n taxi laat vervoer het.

Volgens die Valke se woordvoerder, Nomthandazo Mnisi,  was die 60-jarige antie Woensdag op ‘n taxi vasgetrek na ‘n wenk van die publiek.

Die K9 -eenheid van Nababeep het haar op Okiep gearresteer nadat hulle die taxi daar ingewag het. Die taxi was vanaf  Kaapstad onderweg na Springbok.

Terwyl hulle haar bagasie deursoek het, was mandrax-tablette,  en groentwak ter waarde van R49 000 gekonfiskeer. Die antie het reeds Donderdag vlugtig op Springbok in die hof verskyn. Sy staan tereg op ‘n klagte wat verband hou met die handeldryf in dwelms.

Volgens die eienaar van die taxi is die antie waarskynlik nie bekend met die Springbok-omgewing nie. Alles dui daarop dat sy moontlik van die Oos-Kaap is.

Die polisie is baie in hul noppies omdat die publiek hulle die soort inligting gee. Die N7 tussen Springbok en Kaapstad is ‘n gewilde roete waarlangs dwelms gesmokkel word met behulp van taxi’s, passasiersbusse, vragmotors en voertuie van die publiek. Baie van die onwettige items is bedoel vir die mark in Namibië, wat op hierdie roete lê.

Die saak en verdere ondersoek is intussen aan die Valke oorhandig volgens Mnisi. Die antie moet weer op Woensdag hof loop. Sy is steeds in aanhouding.

*In 2020 was dwelms ter waarde van byna ‘n half mijoen rand onder die sitplekke van ‘n taxi gevind by die weegbrug buitekant Springbok. Dit was in twee plastic shopping bags versteek.
Die tik ter waarde van R230 000 en mandrax-tablette ter waarde van R130 000 was toe deur die polisie gekonfiskeer. Hulle het hierna die 42-jarige bestuurder gearresteer en op die taxi en waentjie beslag gelê.

Leave a Reply