Plunderaars het met minstens 50 kiste, wat na raming R300 000 werd is, weggekom toe hulle verlede week Vuyo Mabindisa se begrafnisonderneming in Soweto beroof het.
“Ongeveer 60% van die kiste is teruggevind, maar dit is so beskadig dat ons dit nie kan gebruik nie. Ek voel hartseer dat baie mense nou hul werk gaan verloor omdat baie plekke geplunder is.”
Hy het gesê dat die voortbestaan van sy onderneming bedreig word, omdat dit toenemend uitdagend is om meer kiste te kry…