Skip to main content

‘n Boere-egpaar is verlede Woensdag tydens ‘n plaasaanval vir veertien ure aangehou.

Die aanval het in Lizard Rock in die Renosterkop-vallei, Mpumalanga, plaasgevind.
Vier gewapende aanvallers het eers op die kothuis op die terrein toegeslaan waar hulle die slagoffer aangerand en
vasgebind het. Hulle het verskeie huishoudelike goedere uit die huis geneem.
Teen 07:00 het die aanvallers na die hoofhuis beweeg en die eienaars, Grantham en sy vrou, oorval, waarna die egpaar ook deur die aanvallers aangerand en vasgebind is. Grantham is oor die kop geslaan met ‘n vuurwapen. Die slagoffers is vir 14 ure aangehou terwyl die huis geplunder is en die aanvallers hulself aan kos en drank vergryp het.
Hulle het teen 18:00 gevlug met verskeie huishoudelike goedere en ‘n voertuig, ‘n Blou Mazda B50 LWB-bakkie met registrasie BXH805MP. Die slagoffers kon daarin slaag om hulp te ontbied.
Grantham is na ‘n hospitaal geneem vir mediese behandeling.
Die voorval word deur die SAPD ondersoek. Geen arrestasies is sover gemaak nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!