Meer as 1,5 miljoen patrone vir verskillende kaliber vuurwapens is die afgelope dae in KwaZulu-Natal (KZN) gesteel.
Die ammunisie was volgens bronne vir die weermag bestem. Die ammunisie is vanaf Brasilië via die Durbanse hawe
ingevoer en is in ‘n vraghouer geberg. Dit is blykbaar ongewoon vir weermag-ammunisie om Durban toe te gaan.
Daar was nog geen terugvoer of verduideliking aangaande die voorval nie.