Skip to main content

Die ANC het R123 miljoen gemors deur regeringsgeboue met chemiese miswolke te “ontsmet”. Hierdie soort ontsmetting word algemeen as oneffektief beskou.

Dit is Die Waarheid se mening dat die regerende party so ‘n klein fortuintjie op ‘n baie beter manier kon blaas.

As hulle net van die R123 miljoen ontslae wou raak, kon hulle die volgende koop:

  • Sowat sewe miljoen stukkies KFC. Dis min of meer een hoenderporsie vir elke kind in die land as jy niks vir die wit kinders gee nie. (wat algemeen in ons land is)
  • Minstens 250 nuwe voertuie vir die polisie. Die polisie kan mos nie op plaasmoord- of inbraak-oproepe reageer nie omdat hulle nooit voertuie het nie. Hulle sou egter nie politieke wil daarmee kon koop nie.
  • 29 600 eenrigting-vliegkaartjies Dubai toe sodat korrupte staatsamptenare op die Guptas se drumpel afgelaai kan word.
  • Hulppakkette van R100 000 elk aan 1 230 eienaars van geplunderde winkels.
  • Die ANC-pierewaaiers hou baie van Hennessy Cognac. Hulle kon meer as 153 000 bottels daarvan vir toekomstige NUK-vergaderings koop. Die gewone burger sou steeds nie ‘n sent van die geld sien nie, maar dalk sou dit ‘n hupstoot vir die drankbedryf wees.
  • Na raming moes meer as 1 000 restaurante sluit weens onbesonne Covid-regulasies. Elkeen van die restaurante kon ‘n hulppakket van R120 000 kry met die geld. Heelwat werksgeleenthede kon behoue gebly het.
  • Meer as tien miljoen brode.
  • Sowat sewe miljoen blikkies kondensmelk.
  • Amper 900 000 pakke weggooidoeke
  • ‘n Halfmiljoen blikke babaformule
  • Een kondoom vir elke mens in Suid-Afrika
  • 650 goedkoop huise van goeie gehalte met krag en lopende water.
  • 6 200 nuwe iPads vir Cyril. Die heel beste model op die mark.
  • Meer as twaalf miljoen pakkies onwettige smokkelsigarette. Dis ongesond en aaklig, maar dit sou baie ANC-amptenare se vriende gelukkig maak.
  • 11 200 nuwe 65-duim televisiestelle. Dis egter net teoreties. Na die afgelope week het almal in SA reeds 65 duim-stelle.
  • 3,9 miljoen boksies van 12 GrandPa hoofpynpoeiers. Ons het dit nodig. Dis ANC se verkwisting is ‘n kopseer.
  • Meer as agt miljoen liter diesel.
  • 1,6 miljoen Fong Kong-sonbrille by verkeerslig-smouse. Dis ook vermorsing, maar nie naastenby so erg soos om ‘n chemise miswolk in die lug te spuit nie.
  • 615 ton hondekos.
  • Meer as 12 kilometer boerewors.

Leave a Reply

error: Content is protected !!