Staan jy net een dag op en besluit: vandag steel en plunder ek vir eie gewin, of om ‘die wittes ‘n ding te wys’? Of dra jy daardie dief-gedagte net nog altyd in jou kop?
Wat gaan deur die kinders van sulke ouers se koppe as hulle al die gesteelde goed sien of selfs moet help aandra huis toe soos wat die afgelope paar dae gebeur het?
Studies het bewys dat ‘n kind met kriminele ouers ‘n groter waarskynlikheid het om misdadigers te word as kinders wat deur wetsgehoorsame ouers grootgemaak word. Studies dui ook aan dat positiewe ouerskap, insluitend normatiewe ontwikkeling, monitering en dissipline, duidelik beïnvloed of kinders misdadig sal raak.
Wat sê dit van hierdie land se toekoms? As bogenoemde waar is, is ons in diep, diep moeilikheid!