Skip to main content

Volgens die DA het die Gautengse regering R123 miljoen onnodig bestee aan die “ontsmetting en skoonmaak met chemikalieë in die vorm van mis” van die Gautengse regeringsfasiliteite.
Dit is verdag, aangesien daar blyk dat skoonmaak met chemikalieë in die vorm van mis geen waarde toevoeg in die stryd teen COVID-19 nie.
In ‘n tyd van hongersnood en swaarkry sou ‘n mens verwag dat die regering elke rand van openbare fondse sou spandeer aan die verbetering van die lewensgehalte van Suid-Afrikaners, maar hierdie regering het ons in die steek gelaat.
Dit is hoog tyd dat ons as belastingbetalers se geld verantwoordelik bestee word. Politici wat minagting toon vir openbare geld deur toesig te hou oor vermorsing en ondoeltreffendheid ten einde ‘n politieke doel te bereik en om hulself moontlik te verryk, moet nie in hul amp gehou word nie.
Waar die DA regeer, sorg ons dat ons belastingbetalers se geld slim bestee word tot voordeel van alle inwoners. Die Wes-Kaapse regering was deursigtig in die tydige publikasie van verslae oor Covid- 19-uitgawes.
Ons sal geen steen onaangeroer laat in ons strewe om duidelike antwoorde te kry van regeringsamptenare wat belastingbetalers se geld misbruik nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!