Skip to main content

Vyf polisiebeamptes van Ladybrand en Bloemfontein is vir die gru-moord op Brendin Horner in hegtenis geneem. Die moontlikheid word ondersoek dat hulle deel kan wees van ‘n sindikaat.

Nadat die polisie verlede jaar twee verdagtes aangekeer het, was daar reeds sprake dat polisielede betrokke kan wees by Horner se dood.

In Meimaand is die twee verdagtes wat gearresteer is vir die moord op Horner vrygelaat omdat die bloed aan hulle klere nie met die moord verbind kon word nie.

Nadat van die boere in die omgewing hulle vermoedens gerapporteer het dat die polisie se veediefstal-eenheid betrokke was by verskeie voorvalle, het die Valke die leidrade opgevolg.

Die verdagtes sou vandag in die Ladybrand-landdroshof verskyn op aanklagte van veediefstal, meineed en dwarsboming van die gereg.

2 Comments

  • Christel Rawstorne says:

    So waar is Mnr grootbek Cele nou vreet staatsgeld en sal sy boeties los kry met een of ander verskoning. Kom Steve Hofmeyr vat oor as minister van polisie.

  • Steve Strydom says:

    Steve Hofmeyr, daardie ekstreem regse?

Leave a Reply