Terwyl voedseltekorte verwag word in Gauteng en KwaZulu-Natal moes een boer in Ixopo, KZN, 28 000 liter melk per dag te midde van die onluste wegsmyt.
Dit het gebeur omdat die transportmaatskappy geweier het om hul voertuie op die paaie toe te laat.
Dieselfde hoeveelheid melk sal dus daagliks verlore gaan totdat die kosbare vloeistof weer na Durban vervoer kan word en totdat die verwerkingsaanleg waarna die melk gelewer word, herstel is aangesien dit ook beskadig is deur oproermakers.
“Vars melk het ‘n gesofistikeerde koelketting en hierdie gemors gaan ‘n geweldige impak hê. Jy kan dit nie net van die straat af verkoop nie,” het die boer bygevoeg.
Wat die onlus-boewe nie besef nie is dat hulle nou die landbouvoorsieningsketting ontwrig, en wat gaan gebeur wanneer hulle honger word en die winkels leeg is? Dalk al die elektroniese ware wat hulle gesteel het kook en eet?