Volgens ontleders kan ons binnekort R15/$ bereik weens die onluste in die land. Die rand het Woensdag gedaal tot R14,76/$ – sy swakste vlak in drie en ‘n half maande – oor die voortdurende plundering en geweld in Suid-Afrika, sowel as ‘n skrikwekkende Amerikaanse inflasiesyfer.
Die rand het so onlangs as verlede maand ongeveer R13,40/$ verhandel as gevolg van die wêreldwye herstel en die beleggingsrisiko-aptyt verbeter.
Maar die toenemende verwagtinge dat die Amerikaanse monetêre owerhede die krane vir die nood-markstimulasies sal begin afskaal, sowel as aanduidings dat die Amerikaanse rentekoerse vinniger as verwag kan styg, het die afgelope paar weke die rand getimmer.