Skip to main content

Met die onlangse ontplooiing van die weermaglede en die toename van wetstoepassingsbeamptes deur die herroeping van SAPD-lede van verlof- en rusdae af, is daar meer voete op die grond om die die plundering en vernietiging van ondernemings en eiendom, stop te sit en te polisieër.

Die aantal arrestasies het gestyg tot 1 234.

Provinsiale Kommissarisse het intussen ook die SAPD-strategie vir die voorkoming van maatskaplike misdade bekend gemaak en was besig met onderhandelings met tradisionele leiers en die sakegemeenskap om die huidige operasionele planne te versterk om plundering en vernietiging van eiendom wat tans heers, te stop.
In reaksie op berigte oor die geweldadige optrede van die publiek teen betogers en plundelaars, herinner NatJOINTS die publiek daaraan dat hoewel mense geregtig is om hul eiendom en lewens te beskerm, die reg op lewe in die Grondwet beskerm word en dat daar slegs in uiters beperkte omstandighede inbreuk gemaak kan word daarop.

Leave a Reply

error: Content is protected !!