Skip to main content

Anton Thomas se nuutste enkelsnit Soms meng die rock en country genres vir almal se plesier.

“Ek is mal oor country en ek hou ook van sekere elemente van rock. Ek dink het ek daarin geslaag om met ‘n splinternuwe klank vorendag te kom,” vertel hy.
Soms is nog een van sy liedjies wat hy self geskryf het. Die liedjie, verduidelik hy, is gegrond op emosies wat net in liedjies tot uiting gekom het.
Soms is ‘n persoonlike liedjie wat handel oor die swart tye waardeur hy in sy eie lewe moes worstel. Soms is ook in verskeie opsigte ‘n liefdesliedjie. “Dit is ‘n liedjie waarna paartjies kan luister en tevrede voel dat hulle saam die storms trotseer het.”

Die titel van die liedjie Soms het ‘n denotatiewe en konnotatiewe betekenis: eerstens dui dit op die letterlike betekenis dat ‘n vrou soms nie goed genoeg voel vir ‘n man nie en dan ook die omgekeerde. Tweedens, is dit ‘n metafoor wat ‘n platform skep vir ‘n paartjie om hulle gevoelens uit te beeld.
Anton beskou homself as ‘n liefdesliedjieskrywer. “My liedjies handel meestal oor situasies, emosies en omstandighede binne ‘n liefdesverhouding. Ek poog altyd om liedjies te skryf wat die positiewe kant van die liefde uitbeeld, en nie die negatiewe nie.
Ek glo dat God liefde is, en ek glo ook dat die liefde ‘n werklike teenwoordigheid is van wie God is.”
Storm is ‘n radiovriendelike luisterliedjie wat geniet kan word deur oud en jonk. Anton se stem is diep en ryk en dit is ook waarom hy perfek binne die liefdesliedgenre pas.

Leave a Reply

error: Content is protected !!