Skip to main content

‘n Dapper boervrou het indringers met haar vuurwapen op die vlug laat slaan tydens die derde plaasaanval in ‘n week in die Vrystaat.

Die voorval het Sondagoggend in die vroeë oggendure op ‘n plaas naby Vierfontein plaasgevind.

Die vrou was alleen op die plaas omdat haar man in die hospitaal was tydens die voorval.

Die vrou het alarm gemaak toe die honde begin blaf het en sy besef het daar is iemand in die huis. Die aanvallers het toegang probeer verkry deur die veiligheidshek af te breek wat na die slaapkamer lei. Sy het skote deur die deur afgevuur, waarna die aanvallers weggehardloop het.

Dit is onbekend hoeveel verdagtes in die huis was en of enige van hulle gewond is tydens die voorval. Die vrou het geen beserings opgdoen nie, maar is erg getraumatiseerd.

Die polisie ondersoek die voorval, maar daar is nog geen verdagtes in hegtenis geneem nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!