Skip to main content

Die inwoners van Kommunistiese Kuba het Sondag in hordes die strate van Havana na Santiago de Cuba ingevaar met slagspreuke soos “vryheid” en “ja, ons kan”.

Hulle is gatvol vir ‘n outoritêre regering wat sukkel om toenemend ernstige probleme soos voedseltekorte en ‘n groot koronavirus-uitbraak die hoof te bied.
Die betogings, vanaf die beroemde Malecon van Havana tot in die klein dorpies asook die oostelike stede van die eiland, het die mag van sosiale media gebruik om hul ontevredenheid oor die pandemie uit te spreek.
Die betogings op Sondag het blykbaar in die stad San Antonio de los Baños begin en vinnig versprei toe betogers hul betogings op Facebook Live gedeel het. Selfs president Miguel Díaz-Canel, wat Raúl Castro vanjaar opgevolg het as eerste sekretaris van die Kommunistiese Party, het ‘n beroep op Kuba se “rewolusionêre burgers” gedoen om die strate in te vaar.
Kubane gebruik sosiale media om hul griewe te lug – en die regering reageer soms daarop.

Leave a Reply

error: Content is protected !!