Skip to main content

Die Suid-Afrikaanse hokgeveg-ster Dricus du Plessis het gisteraand tydens UFC 264 in Las Vegas seker gemaak die wêreld neem kennis van hom deur die hoogaangeskrewe Trevin Giles in hulle middelgewig-geveg in die tweede ronde uit te slaan.

Du Plessis se regter-uitklophou bring sy rekord op 16-2 te staan, met al 16 oorwinnings wat voor die finale toeter tot ‘n einde gekom het.

Die Pretorianer het nou twee oorwinnings in die UFC en kan hom binnekort onder die voorste 15 vegters bevind.

Foto: TWITTER

Leave a Reply