Skip to main content

SONJA BROWN

Zuma is vir eers gebêre. Wat nou?

Dis asof almal se batterye nou pap is na Jacob Zuma se dramatiese uittog vanaf Nkandla na sy aangewese plek van aanhouding.
Nie eers die arrestasie van Carel Niehaus in Estcourt of die skorsing van Robert McBride het enige opgewondenheid by my gewek nie. Ek weet nou effe hoe ‘n dwelmverbruiker voel nadat hy/sy terugkeer aarde toe na ‘n ‘hoë reis’.
Daar is min mense wat die wet so openlik opponeer soos die ‘masjiengeweer-liedjie’ man, en ek glo dat, in sy agterkop, hy gedink het dat hy met al sy uitdagende mannewales gaan wegkom.
Toe nou nie.
Ek gee hom volpunte vir sy houding – om aanspreeklikheid vir sy dade te ontduik – tot by die verloorstreep.
En dan wag die hele land in afwagting om te sien wat hy gaan aanvang sodra hy kwalifiseer vir parool.

Leave a Reply

error: Content is protected !!