Skip to main content

Bedrieglike operasies vroeër vanjaar in Mosambiek het gelei tot die skorsing van Robert McBride, hoof van die buitelandse tak van die Staatsveiligheidsagentskap (SSA).
Sy aksies het president Cyril Ramaphosa in die verleentheid gestel tydens ‘n gesprek met Filipe Nyusi, die president van Mosambiek, gedurende ‘n Troika-vergadering oor die wanorde in die noorde van Mosambiek.
Dit nadat Mosambiekse veiligheidsbeamptes ‘n hommeltuig van Suid-Afrikaanse geheime agente neergeskiet het en die agente gearresteer het. Die hommeltuig is gebruik om inligting te bekom oor die opstand in die Cabo Delgado-provinsie wat deur geweld geteister word.
Daar was beslag gelê op die agente se paspoorte en toerusting, maar na die ingryping deur die minister van staatsveiligheid, Ayanda Dlodlo, was hulle vrygelaat.
Die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) het bevestig dat Robert McBride, die hoof van die buitelandse tak van die agentskap, geskors is, maar het geweier om besonderhede bekend te maak daaroor.

Leave a Reply

error: Content is protected !!