Skip to main content

Die jongste variant, Lambda, wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie, (WHO) uitgelig is, is nou in minstens 27 verskillende lande gevind.
Dit is veral wydverspreid in Suid-Amerika, nadat dit in Augustus verlede jaar vir die eerste keer in Peru verskyn het, en is verantwoordelik vir meer en meer gevalle in hierdie lande.
Nadat hy die weg na Europa gevind het, waar daar alreeds ‘n voortdurende stryd teen die Delta-variant is, is dit weens gebrek aan studie nog onduidelik hoe groot rede tot kommer dit kan wees.
Dit word nog nie deur die WGO as “variant van kommer” gelys nie, eerder ‘n “variant van belang”, wat beteken dat dit  in verskeie lande opgespoor word.
Volgens die Pan American Health Organization (PAHO) is Lambda verantwoordelik vir byna 82% van die koronavirusmonsters wat gedurende Mei en Junie gerapporteer is.
Die streeksadviseur van PAHO oor opkomende virussiektes, Jairo Mendez, het op 30 Junie gesê dit is in agt lande van Latyns-Amerika en die Karibiese Eilande opgespoor,  “maar is sporadies in die meeste lande”.
Alhoewel dit duidelik die dominante variant in Peru is, het dit in Chili gegroei tot meer as 31% van die toetsmonsters vanaf Mei tot Junie.
Mendez het gesê daar is nog nie duidelike bewyse dat dit ‘n meer oordraagbare virus is nie.
“Dit is moontlik dat die transmissievermoë verhoog word. Dit is ‘n verskynsel wat nie goed bestudeer en gedokumenteer is nie, en ons kan nie ‘n vergelyking tref tussen ander variante soos Gamma en Delta nie.
“Ons het bevind dat die epidemiologie van die virus en ‘n toename in gevalle op verskeie faktore reageer. Om hierdie rede is dit die beste dat ons probeer om die oordrag te beheer en te verminder,” het hy gesê.
Public Health England in die Verenigde Koninkryk het onlangs berig dat ‘n handjievol gevalle wat deur Lambda veroorsaak is in die land opgespoor is, en erken ‘dat dit ‘n moontlike verhoogde oordraagbaarheid of moontlike verhoogde weerstand teen neutraliserende teenliggaampies het’.
Daar word egter gesê dat meer studies nodig is.
‘n NYU Grossman School of Medicine-studie wat nog nie deur ‘n eweknie beoordeel is nie, en wat op 3 Julie gepubliseer is, het voorgestel dat huidige entstowwe effektief is teen die Lambda-variant.
Die verskyning van die variant kom te midde van ‘n stryd in Europa teen die Delta-variant, wat die eerste keer in Indië ontdek is. Die WGO het gewaarsku dat dit in Augustus oorheersend sal wees.
Die Delta-variant bevat vermoedelik mutasies wat dit makliker maak vir die nuwe koronavirus om aan die selle in die menslike liggaam te klou.
Dit beteken dat die variant makliker versprei as die oorspronklike een, en dus groter potensiaal het om uitbrake te veroorsaak.

Leave a Reply

error: Content is protected !!