Skip to main content

Tertius Swanepoel, die sanger van Krugersdorp, het pas sy nuutste enkelsnit, ‘n Land met vrede, vrygestel en met dié liedjie pleit hy vir ‘n vreedsame Suid-Afrika.
n Land met vrede het dieselfde tipe aanslag as Liani May se Pretoria en Bok van Blerk se Melk en heuning en is in ‘n sekere mate ‘n vryheidslied.
Tertius se liedjie is spesiaal, want hy pleit nie vir vryheid nie, maar vrede. Sy vredesboodskap word ook vergestalt in die lirieke: “en gee ons hoop; en gee ons vrede; en gee ons die krag om weer net te lewe…”
Tertius het self die liedjie geskryf en die lirieke spreek nie net van diepe sentimenteit teenoor ons land nie, maar ook van insig in die situasie waarin ons onsself nou bevind.

Oor die liedjie sê hy: “’n Land met vrede is ‘n lied wat ek geskryf het vir die mense van ons land. Mense lewe net vir hulself, of dit nou hartseer bring of nie, of dit nou God se goedkeuring wegdra of nie. Met die lied pleit ek om vrede en vergifnis; ons sal sterker teen die vyand kan staan as ons mekaar vergewe en liefhet.”

Die pa van twee dogtertjies se naam is nie onbekend in die musiekbedryf nie. Hy tree gereeld by funksies op en het ook drie jaar gelede gedebuteer met ‘n onafhanklike album Padkaart na my hart. Al twaalf liedjies op die album is oorspronklik en met die verskyning het Tertuis ook sy eie persoonlike stempel op die Afrikaanse musiekmark
afgedruk.

Tertius sing al van jongs af en deur die jare het sy stem en sy musikale vermoëns volwassedom bereik.

Tertius beskou homself as ‘n passievolle kunstenaar wat saam sy luisteraars op ‘n reis gaan deur die musikale wêreld, waar vryheid, vreugde en hartseer in perfekte balans met mekaar staan. Hy glo in die towerkuns van musiek. “Goeie musiek kan die wêreld verander,” sê hy.

Leave a Reply