Skip to main content

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) het Carl Niehaus met onmiddelike effek geskors.

Niehaus, woordvoerder van uMkhonto we Sizwe se militêre veteranevereniging en hegte bondgenoot van oudpres Jacob Zuma, het die naweek opruiende toesprake buite die voormalige president Jacob Zuma se huis in Nkandla gehou na aanleiding van Zuma se 15 maande vonnis vir minagting van die grondwetlike hof.
Niehaus, wat gedreig het dat daar onstabiliteit in die land sal wees as die voormalige leier aangekeer word, het die ANC se naam deur die modder gesleep, het die NUK beslis.

Die party se adjunk-sekretaris-generaal, Jessie Duarte, het Niehaus gister per brief in kennis dat die NUK ook sy
lidmaatskap van die party tydelik opgeskort het.

Leave a Reply