Skip to main content

Drie G4S-voertuie was gisteraand net na agt tydens ‘n transito-rooftog op die N1 tussen Maraisburg en die N17-afrit aan die brand gesteek. Volgens verbygaande motoriste is daar verskeie skote af gevuur tydens die rooftog.

‘n Medikus van ER24 wat op pad huis toe was het op die toneel afgekom kort nadat dit gebeur het.

Vier van die G4S-personeel lede het slegs geringe beserings opgedoen tydens die rooftog. Hulle is op die toneel behandel en later na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere mediese sorg.

In hierdie stadium is dit onbekend hoe die ander voertuie op die toneel aan die brand geraak het nie. Daar word verdere ondersoek ingestel.

JMPD snelwegpatrollie was van die eerstes op die toneel waarna die SAPD en Fire Ops SA in kennis gestel is.

Leave a Reply

error: Content is protected !!