Skip to main content

Die tradisionele premier van die Zoeloe-nasie, prins Mangosuthu Buthelezi, het die gebeure wat die naweek rondom voormalige president Jacob Zuma plaasgevind het, as verradderlik beskryf.
Dit nadat duisende ondersteuners by Zuma se Nkandla-woning bymekaargekom het om hul steun aan te bied nadat Zuma tronkstraf van 15 maande opgelê is. Baie van hulle was glo sonder maskers en het nie sosiale afstand-regulasies gevolg nie.
Hy het gesê die optrede van Zuma se ondersteuners is onverantwoordelik in ‘n tydperk waar hulle die regulasies om die Covid-19-infeksies te help beveg openlik geminag het.
“In hierdie tyd van groot nadenke vir ons land, beskou ons wat aan die gang is by Nkandla as verraad.
“Met alle respek vir die simpatie wat mense vir mnr. Zuma se situasie het, is dit onaanvaarbaar om die staat uit te daag en lewens te waag,’ het hy gesê.

4 Comments

  • Naomi says:

    Die Zuma ding is regtig n groot grap…
    Wie dink die mense flous hulle…. ons is miskien net iemand maar beslis nie stupid.

  • Ettiéne Kleinhans says:

    Zuma gaan die oorsaak wees van faksie en geweld soos hierdie land nog nooit geken het nie.

  • Radie says:

    Geen persoon is bokant die wet verhewe nie. Maar vir n vorige President van n land vir so n minderwaardige oortreding in die tronk beland is n bietjie erg. Moenie eers praat van onkostes wat aangegaan is om hom in hegtenis te neem nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!