Skip to main content

Die Valke in Oos-Londen doen ‘n beroep op die publiek om te help met die opsporing van Thandile Sitwayi (38, foto) van Nkululeko, Ndakana A/A, Stutterheim. Daar is ‘n moontlikheid dat hy kan help met inligting in verband met die raaisel van ‘n dubbele moordsaak.

Daar word berig dat twee Fidelity-veiligheidswagte, Sithembele Masala (49) en Ludick Bevan Ernest (48), op 26 Oktober 2020 om 08:15 soos gewoonlik by Southernwood Super-Spar in Oos-Londen was om geld op te laai.
Op pad uit die supermark is hulle gekonfronteer deur drie mans wat na bewering hul vuurwapens uitgehaal het en op die wagte begin skiet het. Albei veiligheidswagte is op die toneel dood.
Hul vuurwapens is ook tydens die voorval gesteel. Die verdagtes het daarna van die toneel gevlug.
Enigiemand met inligting in verband met Sitwayi wat kan help met die ondersoek kan Kolonel Sonwabiso Mboniswa kontak by 071 481 2948 of Thamsanqa Mlumbi by 071 481 3009.
Inligting wat verskaf word, sal streng vertroulik hanteer word.

Leave a Reply