‘n Wildstroper is noodlottig gewond deur gidse van die Krugerwildtuin. Die voorval het in die vroeë oggendure van Vrydag plaasgevind, terwyl die gidse besig was met ‘n begeleide staptog.
Hulle het op drie vermeende stropers afgekom. Na verneem word was daar skote gevuur en een van die stropers was in die voorval gewond, ‘n Geweer, ammunisie en stropery-toerusting, insluitende skoene wat aangepas is om die stropers se spore te verdoesel, is naby die toneel gevind.
Die Honde-eenheid en die Airwing van die SAPD is besig om die voorval te ondersoek.