Met die Reserwebank wat Woensdag 100 jaar oud geword het, – die bank het op 30 Junie 1921 vir die eerste keer sy deure vir sake geopen en is die oudste sentrale bank in Afrika, – word die versekering gegee dat hy sal voortgaan om die land te beskerm in ‘n ekonomie wat deur COVID-19 verwoes word.
Adjunk-goewerneur Fundi Tshazibana het gesê die bank het daarvoor voorsiening gemaak dat die COVID-19-pandemie vir ‘n ruk lank sal bestaan en het gesê daar is maatreëls in plek.
Volgens Tshazibana sal die Reserwebank voortgaan om inflasie fyn dop te hou en seker te maak dat dit binne die teikenbereik van tussen 3% en 6% bly.
Die Reserwebank het gesê COVID-19, kripto-geldeenhede en stygende inflasie is maar net ‘n paar uitdagings wat hy in die gesig staar.
Die bank het die afgelope eeu ‘n veranderende landskap gesien, polities en finansieël, in ‘n land wat altyd verander.
Sedert die ontkoppeling met die pond en die instelling van die rand in 1961, bly die sentrale bank standvastig in sy missie.