Die 400m-hekkies kan dalk net die hoogtepunt van die Olimpiese Spele in Tokio wees.
Die Noorweegse atleet Karsten Warholm het gisteraand in Oslo Kevin Young se 29-jaar-oue wêreldrekord in die 400m-hekkies gebreek deur die item in 46.70 sekondes af te blits. Die rekord – voor gisteraand die oudste in die rekordboeke – het 29 jaar gestaan en is opgestel vier jaar voor Warholm gebore is.
“Dit kan dalk nog ‘n wêreldrekord verg om die Olimpiese Spele te wen,” het hy gesê.
Maandagaand het Sydney McLaughlin die vroue-rekord by die Amerikaanse Olimpiese proewe laat spat. Haar nuwe wêreldrekord is 51.90.
Hoe lyk dit met n Toepassing (“App”) vir Die Waarheid op ons fone eersdaags?
Dankie vir goeie werk! Doen so voort.
Christo de Wet