Skip to main content

#kouekoffie deur Carla Lang

As slaap en alleen piepie vir die voëls is, jy weke laas beenhare kon skeer, jy sukkel om in jou broeke te pas en push-up bra’s moet dra – o ja, en jy gewoond is aan koue koffie – dan is hierdie rubriekbundel vir jou!
’n Humoristiese blik op die vreugdes en uitdagings van moederskap en vrouwees.
Carla Lang se blog, #kouekoffie, het reeds oor die 15 000 aanhangers. Van die rubrieke het oorspronklik op Netwerk24 verskyn.
Kommentaar van die lesers van haar blog:
Sy praat so uit mens se mond! Kon netsowel my eie woorde gewees het. – Rozanne Herion
Ek vrek oor jou 100% Afrikaanse sin vir humor oor ouerskap! – Stephanie Louw
Fantasties! Só goed! Lag lekker en is net so REAL! – Rene Swarts
Mal oor jou blog! Hou so aan, jy gee ’n mamma moed! – Ané Visagie
Love love LOVE die blad! Berei my emosioneel voor vir dit wat nog kom! – Suzanne van der Hoven
Dit laat my voel ek is nie die enigste nie. – Tina Barnard

Carla Lang is ’n toegelate prokureur en vryskutredakteur. Sy, haar man en hul twee kinders woon in Kenridge saam met hulle kat en twee honde.

Alhoewel ma’s groot aanklank sal vind by Lang se rubrieke, sal dit tot enige hedendaagse vrou spreek. Lang wys hoe daar van vroue verwag word om werk, familie en die huis te behartig – en dan moet hulle nog goed lyk terwyl hulle dit doen!
Haar skryfwerk is humoristiese, maar tog simpatiek. Haar stories oor kinders, troeteldiere en familielewe sal ook tot mans spreek.

Leave a Reply

error: Content is protected !!