Skip to main content

‘n Man van Vrede het Sondagoggend aan brandbeserings beswyk nadat hy in sy huis in Van Heerdenstraat deur twee inbrekers oorval is.

Die polisie het omstreeks drie-uur die oggend ‘n klag ontvang van ‘n huis wat besig was om te brand. By hulle aankoms het die eienaar wat bedek was met ‘n kombers, homself as Henk Beukes (62) voorgestel. Hy het aan die polisiebeamptes gesê dat hy deur bure uit die brandende huis gered is.

Beukes het beweer terwyl hy geslaap het, het hy voetstappe in die kombuis gehoor en gaan ondersoek instel. Hy is glo deur twee mans gekonfronteer wat toegang tot sy huis verkry het deur ‘n venster te breek.

Hulle het hom glo met ‘n ysterstaaf en mes aangeval. Hy het probeer terugveg, maar is oorval, en hy het sy bewusyn verloor. Na ‘n rukkie het hy sy bewussyn herwin en gemerk dat daar rook en vlamme uit ‘n ander kamer kom.

Hy is glo deur sy buurman gered en later na die Vrede-hospitaal gehaas waar hy enkele ure nadat hy opgeneem is, aan sy beserings beswyk het. Beukes het alleen gewoon.

‘n Saak van moord en brandstigting word ondersoek. Daar is nog geen arrestasies gemaak nie.

Enige persoon met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van enige verdagtes moet speurkaptein Mostert kontak by 082 466 7752 of Crime Stop by 08600 10111, of stuur inligting via die MySAPS App.

Leave a Reply

error: Content is protected !!