Skip to main content

Die polisie het gister ‘n groot slag in die stryd teen motorkapers gemaak toe hulle op ‘n perseel in Presidentpark, Midrand toegeslaan het.

Daar was 27 verdagtes, vermoedelik lede van ‘n kapingsindikaat, op die perseel. ‘n Skietery het uitgebreek en vier verdagtes is doodgeskiet en vier ander deur die polisie gewond.

Plekke in Pretoria waar motors gekaap word:

Die polisie waarsku dat die volgende plekke in Pretoria gereeld deur kapers geteiken word:

  • Die Jeanlaan-afrit van die R28 in Centurion
  • Die John Vorster-afrit van die N1 in Lyttelton
  • Die Atterburyweg-afrit van die N1 na Menlyn
  • Die Lynnwoodweg-afrit van die N1
  • Op die hoek van Universiteitsweg en Lynnwoodweg in Hatfield
  • Die verkeersligte in Walkerstraat in Sunnyside
  • Nelson Mandela-rylaan, Duncanstraat en Walkerstraat in Sunnyside

Plekke in Johannesburg waar motors gekaap word:

  • Die William Nicol-afrit van die N1 (van Sandton af)
  • Waar Jan Smuts-rylaan en William Nicol-rylaan in Hyde Park vurk
  • Die New Road-afrit in Midrand
  • Die kruising van Christiaan de Wet-rylaan en Wilgeroodstraat in Roodepoort
  • Op die hoek van Ou Pretoria-weg en Eerstelaan in Alexandra
  • Al die verkeersligte in Louis Botha-laan tussen Alexandra en Hillbrow
  • Die verkeerslig in Kyalami-rylaan

Leave a Reply

error: Content is protected !!