Skip to main content

Vlak 4 gaan massamoord pleeg onder werkgeleenthede. En dit is nie net mý opinie nie.
Na president Cyril Ramaphosa se aankondiging op 27 Junie, een waar hy beveel dat die land terugkeer na vlak vier van inperkings tot 11 Julie, kon die guillotine se lem duidelik gesien word deur verskeie industrieë wat reeds op hul rûe lê, en die uiteinde gaan tragies wees.
Ek kan nie verstaan hoekom daar ‘n algehele verbod op die verkoop van drank is nie. Hoekom kan mense nie die drankbedryf ondersteun nie? Hulle gaan in elk geval die alkohol by die huis nuttig. Na die aankondiging gaan onwettige drankverskaffers weer al die pad bank toe lag, en die mense wat die drank koop gaan deur hul nekke betaal daarvoor. Groot hoeveelhede mense sal eerder geld wat vir ander noodsaaklikhede geoormerk was gebruik om drank mee te koop om die stres van die situasie te hanteer.
Ek verstaan ook nie hoekom mens nie aansit-etes by restaurante kan geniet as daar onder die toegewysde getal van 50 gehou word nie.
BASA stem nie saam met die nasionale regering se besluit om algehele drankverkope te verbied nie. Hulle is besig om regsadvies in te win om hul werkers se poste en reg op ‘n bestaan te beskerm.
Hulle het duidelike bewyse van hoe die vorige verbod op alkoholverkope sake-eienaars, hul werknemers en gesinne verarm gelaat het.
Na dese sal baie meer ondernemings nou sluit aangesien die regering geen finasiële verligting bied nie.
Wendy Alberts, uitvoerende hoof van die Restaurant Association of South Africa (RASA), meen dat die restaurantbedryf vernietig gaan word. Wegneemetes alleen sal volgens haar nie dié tipe besighede laat oorleef nie.

Leave a Reply