Skip to main content

Suid-Afrika word deur ‘n Covid-tsunami in die gesig gestaar, maar daar is 288 afgestudeerde leerlingdokters wat werkloos sit en tone tel.

Afgestudeerde dokters, wat klaar gekwalifiseer het en brand om mense te help, moet volgens ons land se regulasies ‘n gedwonge 2-jaar internskap voltooi, maar hierdie mense word van bakboord na stuurboord gestuur deur die Departement van Gesondheid.
Terwyl hierdie amper-dokters wag om gepos te word, is daar ook geen duidelikheid of hulle vir die volgende twee jaar se diens betaal gaan word nie. Hulle kan ook nie hul eie praktyke open sonder die verpligte twee jaar diens in ‘n openbare staatshospitaal nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!